De Lille sê toerisme sal sy geld bestee op die bemarking van SA

Die buurland se toerismeminister, Patricia de Lille, sê sy sal voortgaan om met SA Toerisme te beraadslaag oor haar departement se begroting om seker te maak hulle kom hulle mandaat na wat die groei van besoekersgetalle aan die land betref. Dit volg na die raad van SA Toerisme se besluit om die voorgestelde borgskap van drie jaar ter waarde van sowat 900 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan die Engelse sokkerklub, Tottenham Hotspur, te kanselleer. De Lille sê hulle moet gesonde finansiële besluite neem om die land wêreldwyd as ‘n top-toeristebestemming te bemark: