De la Rey se graf verniel

Die Vryheidsfront Plus doen ‘n beroep op inwoners van Noordwes in die buurland om met inligting na vore te kom oor die diefstal van die borsbeeld en koperplaat van die Anglo-Boereoorlog-held, Generaal Koos de la Rey, sodat die skuldiges vasgetrek kan word. ‘n Woordvoerder, Fanie de Toit, sê dit volg nadat De la Rey se graf in Lichtenburg verniel is. Du Toit sê dit is ‘n teken van die verreikende gevolge wat misdaad op alle vlakke van die samelewing het: