DBV verleen hulp in brand

Die Kaap die Goeie Hoopse Dierebeskermingsvereniging is besig met soek-en-reddingspogings in Simonstad. Inspekteurs fynkam die brandgeteisterde gebiede vir enige diere wat dalk brandwonde opgedoen het en hulp nodig het. Die span sal aanhou soek totdat hulle seker gemaak het elke dier wat hulp nodig het, het dit ontvang. Die DBV se mobiele kliniek is by die brandweerstasie gestasioneer, gereed om te reageer in die geval van ‘n dier wat dringend hulp nodig het