DBV geskok oor twee tiere wat as troedeldiere aangehou word

Die Dierebeskermingsvereniging  in die buurland sê dit gaan die verstand te bowe dat die departement van gesondheid iemand kan toelaat om twee tiere as troeteldiere aan te hou op ‘n perseel langs ‘n crèche in Boksburg, Gauteng. ‘n Woordvoerder, Keshvi Nair, sê dis ook onverstaanbaar dat die munisipaliteit dit in ‘n woonbuurt toelaat. Sy het gereageer op foto’s van twee tiere wat oor ‘n heining in Impalapark na die crèche langsaan kyk. Die DBV het ‘n vergadering met owerhede versoek om ‘n waarskuwing aan die eienaar te bespreek.