Bibi sê nee vir Hamas se vrylatingsvoorwaardes

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het Hamas se voorwaardes om die oorlog te beëindig en die gyselaars in Gaza vry te laat, verwerp. Hy sê in ruil vir die gyselaars se vrylating, eis Hamas die einde van die oorlog, die onttrekking van Israelse magte uit Gaza en die vrylating van alle Palestynse gevangenes. Netanyahu sê dit laat die militante groep ongeskonde. ʼn Senior Hamas-beampte sê die Israeliese leier se weiering om die militêre optrede in Gaza te stop, beteken daar is geen moontlikheid dat die gyselaars gaan terugkeer nie.