Davos: Saoedi vra wapenstilstand in Gaza

Saoedi-Arabië het tydens die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, sy oproep vir ‘n onmiddellike wapenstilstand in Gaza herhaal, sowel as ‘n einde aan die toenemende onbestendigheid in die Rooi See. Saoedi-Arabië se buitelandse sake-minister, Prins Faisal bin Farhan bin Abdullah, het tydens ‘n sitting oor die beveiliging van ‘n onsekere wêreld gesê die onmiddellike krisis, naamlik die lyding wat in Gaza plaasvind, moet voorkeur kry. Hy doen ‘n beroep op die internasionale gemeenskap om blywende vrede in die streek te help skep deur die stigting van ‘n Palestynse staat.