Davisbeker: Kanada dring deur na kwarteindronde

Kanada het gister hul plek in die kwarteindronde van die Davisbeker verseker toe Felix Auger-Aliassime sy oorwinning oor die nuwe wêreld nommer een, Carlos Alcaraz opgevolg het met ‘n sege oor Miomir Kecmanovic van Serwië. Auger-Aliassime se oorwinning van 6-3, 6-4 in die tweede enkelspelwedstryd, het die kragmeting op 1-elk gelykop laat trek. Dit gee aan Kanada ‘n plek in die top-2 in Groep B en ‘n plek in die laaste agt in Malaga in November. Spanje pak Suid-Korea vandag in die laaste wedstryd van die groep. Die Spanjaarde het Serwië geklop voordat hulle met 2-1 teen Kanada verloor het, terwyl die Koreane hul eerste twee kragmetings in Valencia verloor het.