David Julius hoor so van Nobelprys

Twee wetenskaplikes van Amerika het vanjaar se Nobelprys vir Medisyne ontvang. David Julius en Ardem Patapoutian is vereer vir hulle ontdekking van temperatuur- en aanrakingsreseptors. Volgens die Nobel-komitee stel dit die mensdom in staat om te verstaan hoe hitte, koue en meganiese krag die senu-impulse aan die gang sit wat mense in staat stel om waar te neem en aan te pas. Julius het blykbaar die nuus deur middel van ‘n teksboodskap van sy suster ontvang….