Dausab sê kinderverkragting moet aangespreek word

Kinderverkragting bly ‘n uitdaging in Namibië met 120 kinders wat net tussen Augustus en September verlede jaar verkrag is. Dit wil sê twee kinders is daagliks verkrag. Die minister van justisie Yvonne Dausab sê die wetgewing wat in die land bestaan is duidelik nie genoeg om kinders te beskerm nie, al is dit aangepas. In haar mening moet die Namibiese samelewing ondersoek instel in die redes vir kinderverkragting, van beide jong seuns en dogters. Sy sê sy sal vergader met alle rolspelers, wat die Presidentsvrou en die aanklaer-generaal insluit, om meganismes in plek te sit om kinders in Namibië te beskerm.