Datum vir volgende Twee Oseane Marathon bekend

.Atletiek: Die datums vir volgende jaar se Twee Oseane Marathon in Suid-Afrika is bekendgemaak. Die wedren-direkteur, Debra Barnes, sê die half-marathon van 21-kilometer sal op Saterdag 16 April 2022 plaasvind en die 56-kilometer ultra-marathon op Sondag 17 April. Barnes sê deelnemers sal nie gedwing word om teen Covid-19 ingeënt te wees nie. Hulle sal egter ‘n bewys van ‘n negatiewe Covid-19 toets, wat nie meer as 48 uur voor die wedren gedoen is nie, moet voorlê.