Dart is op pad

Nasa het sy ruimtevaartuig Dart, suksesvol gelanseer in wat beskryf word as die eerste toets van ‘n verdedigingstelsel vir die planeet. Dart sal nou vir tien maande deur die ruimte reis om ‘n asteroïde, Didymos, te bereik. Hy sal dan in ‘n baie kleiner asteroïde wat om Didymos wentel, Dimorphos in vas vlieg om sy wentelbaan aan te pas. Dimorphos is ongeveer 85 meter breed. Dart sal die asteroïde teen ‘n spoed van 24 000 kilometer per uur tref. Die uiteindelike plan is om stelsels te ontwikkel wat die aarde van ‘n asteroïde kan beskerm.