Dankie Thoko, vir erkenning – Agri-SA

Agri-SA het die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, se erkenning verwelkom oor die kritieke rol wat kommersiële landbou vertolk om voedselsekerheid vir alle Suid-Afrikaners, asook mense in ander dele van die wêreld, te verseker. Christo van der Rheede van Agri-SA sê landbou is ‘n hoë-risiko onderneming met veral kommersiële landbou wat blootgestel is aan die wisselvalligheid van wêreldmarkte en die vernietigende gevolge van ander veranderlikes. Van der Rheede sê die minister moet voortdurend met die kommersiële sektor skakel: