Daniel Craig kry Hollywood-ster

Die James Bond-akteur, Daniel Craig, het ‘n ster op die Hollywood Walk of Fame ontvang. Hy is die twee-duisend-sewe-honderd-en-vierde akteur wat ‘n ster op die gesogte Walk of Fame ontvang het, reg langs die ander legendariese Bond-akteur, Roger Moore. Craig se heel laaste rolprent as 007, No Time to Die, open môre in Amerikaanse rolprentteaters, byna twee jaar na vertragings weens die Covid-19-pandemie. Craig sê die feit dat sy naam verskyn langs dié van akteurs wat hom in sy loopbaan geïnspireer het, is byna onbegryplik: