Damprook neem met 900% in buurland toe
‘n Onlangse navorsingstudie deur die Universiteit van Pretoria het bevind damprook het met 900 persent toegeneem oor die afgelope ses jaar en tien maal soveel onder mense tussen 16- en 35-jaar-oud. Volgens die navorsing doen hoërskoolleerders dit om te help met die hantering van stres en angs en as ‘n vorm van selfmedikasie. E-sigarette het ook maklik toeganklik geword, wat lei tot vinnige verslawing. Die direkteur van Psigososiale Ondersteuning aan die Departement van Basiese Onderwys, Sibongile Monareng, sê verslaafde leerders het steun nodig om op te hou: