Damme vertoon steeds goed

Volgens NamWater se jongste dam bulletin is daar 8,4 miljoen kubieke meter water in die afgelope 4 weke vanuit Hardapdam gepomp. Die dam staan tans op 68,6 persent van kapasiteit. Bronne vir die Suide is steeds baie positief met Neckartal wat steeds vol is maar waar die laaste watervlakke op 29 Maart vanjaar gelees is, en Naute op 102,1 persent. By Rehoboth is Oanob 95,7 persent vol. Totale bronne vir die Suide is tans op 92,3 persent. In die sentrale gebied is bronne op 89 persent met Swakoppoort wat 96,9 persent vol is en Von Bach op 77,6 persent. Die Omatakodam is 89,9 persent vol. Otjivero in die Ooste het 55,8 persent van kapasiteit met die slukdam op 11,7 persent.