Damme in sentrale dele 73% vol

NamWater se jongste dambulletin dui aan dat die drie sentrale damme op die oomblik 73,8 persent van kapasiteit het met Von Bach-dam tans op 58,2 persent en Swakoppoort op 86,1 persent. In die Ooste is bronne op 33,6 persent, die swakste vertoning in die land. Otjivero-dam het 48,7 persent en die slikdam is geskat op 7,9 persent. In die Suide staan bronne sterk op 86,2 persent, gedryf deur Neckartal wat onbenut lê op net meer as 96 persent. Hardap is tans op 58,9 persent.