Damme in die Kaap se vlakke kommerwekkend

Die Stad Kaapstad sê die totale inhoud van damme wat die munisipaliteit van water voorsien, het die afgelope week met ‘n halwe persentasiepunt van 75,5 tot 75 persent gedaal. Die daaglikse watergebruik het in dieselfde tydperk toegeneem tot 730 miljoen liter teenoor die 728 miljoen liter van die vorige week. Die damvlakke het in dieselfde tydperk verlede jaar op 57,7 persent gestaan. Alhoewel waterbeperkings op 1 November 2020 opgehef is, geld die stad se water-verordeninge steeds. Die stad beveel aan dat alternatiewe waterbronne soos boorgate en putte spaarsamig en doeltreffend gebruik word.