Dalk te vêr gevat?

‘n 30-jarige man het op sosiale media gedeel dat hy “tot dusver taamlik suksesvol” in sy lewe was en dat sy ouers “‘n groot deel van sy sukses” was, maar dat hy gereed is om te lewe soos hy wil lewe, sonder inmenging, kritiek of bevele van sy ouers. 

Hulle het my gemotiveerd deur skool gehou, hulle het vir my wonderlike kinderjare gegee, hulle het my gehelp om skuldvry te gradueer, en my ma se kontakte het my gehelp om ‘n goeie werk direk uit die universiteit te kry. Sonder hulle, wie weet waar ek sou wees. Maar, dit gee hulle nie carte blanche om my te kritiseer nie.”

Hy het verder geskryf: Met my pa se verjaardag het ek hulle na my plek genooi maar selfs dit was nie goed genoeg nie. My woonstel was te klein, die stoof is volgens hulle oud en moet vervang word en ek het per ongeluk die sous verbrand. “Hulle wil glo net vir my beter hê. En dat ná alles wat hulle vir my gedoen het, ek beter behoort te doen.”

“Wel, dit gaan goed met my. En omdat ek leef soos ek doen, het ek die afgelope agt jaar eintlik fantasties gevaar.”

Hy het duidelik gemaak dat hy genoeg gehad het van die persoonlike kritiek en was gereed om aan te beweeg.

Hy het vir sy ouers ‘n groot bedrag oorbetaal en gesê, “Hierdie is vir alles wat julle op my gemors het, aangesien julle duidelik dink ek het misluk, so ek betaal julle terug. Ek het vir hulle gesê dat ek lief is vir hulle en dat ek hul hulp waardeer, maar noudat hulle terugbetaal is, kan hulle hul opinies vir hulself hou en uit my woonstel bly.