Daling in November-bouplanne

‘n Totaal van 141 bouplanne is in November in die hoofstad goedgekeur. IJG Sekuriteite sê dit is 38 minder as die 179 wat in Oktober goedgekeur is met ‘n 73,6 persent daling in waarde – 79,4 miljoen Namibiese dollar teenoor die 300,5 miljoen dollar in Oktober. Die makelaars maak melding van twee baie groot goedkeurings ter waarde van 217,5 miljoen dollar in Oktober. Sedert die begin van die jaar is 1 770 bouplanne goedgekeur met ‘n waarde van 1,41 miljard dollar, amper 25 persent minder vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar.