Daling in gevalle van diarree en longontsteking in Kaapsatd

Die gesondheidsdepartement van die Stad Kaapstad sê ‘n skerp daling in oplewing-seisoensgevalle die afgelope maand is ‘n bemoedigende teken, vergeleke met ‘n jaar gelede. In November verlede jaar was daar 2 205 gevalle van diarree, terwyl dit vanjaar tot 921 gedaal het. Longontsteking-gevalle het van 1 161 tot 780 gedaal. Die burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, Patricia van der Ross, sê die oplewingseisoen-data volg gevalle van diarree, longontsteking en ernstige akute wanvoeding in kinders onder vyf.