Daling in drank-invoere as gevolg van onluste, Covid

‘n Namibiese kenner in die alkoholbedryf het gereageer op Namibië wat in Julie 15 persent minder alkohol as in Junie ingevoer het. Altesaam 39 184 hektoliter alkoholiese drank is in Julie ingevoer teenoor die 46 100 hektoliter in Junie 2021. Suid-Afrika is die hoofbron van invoere met 97,6 persent, volgens ‘n verslag van die Namibië Statistieke-agentskap. Horst Heimstädt van die Selfregulerende Alkohol-bedryfsforum, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die onrus in Suid-Afrika en die Covid-pandemie het ‘n invloed op die dalings gehad.