Dalende vakaturesyfers in verskeie sektore

 ‘n Verbruikers-en-eiendomstrateeg by FNB se afdeling vir kommersiële eiendomsfinansiering John Loos, sê die eerste kwartaal van vanjaar se FNB-eiendomsmakelaarsopname wys op dalende vakaturesyfers in al drie kommersiële eiendomsklasse, naamlik kantoor, nywerheid en kleinhandel. Loos sê vakaturekoersneigings vertraag dikwels ekonomiese neigings en met die ekonomiese herstel ná die inperking in 2021/2022 het ekonomiese groei verlede jaar tot ‘n skamele 0,6-persent verlangsaam, ná die 1,9-persent in 2022.