Dakar-tydren ‘het Suid-Afrikaanse geur’

Die Dakar-tydren van 2024 het ʼn besliste Suid-Afrikaanse geur. Altesaam 38 van die 72 voertuie wat gaan deelneem, is in Suid-Afrika gebou. Hierdie voertuie, insluitende 23 Toyota Hilux’e en twee Ford Rangers, gaan vanaf 5 Januarie die terrein van 7 900 kilometer van die Arabiese Woestyn navigeer. Twaalf Suid-Afrikaners is bestuurders of navigeer. Daar is ook ʼn groot groep Suid-Afrikaners wat die wedren volg en ondersteun.