Wes-Kaapse skole reeds vol

Die Wes-Kaapse LUR vir onderwys, David Maynier, sê sy departement het plek toegeken aan 120 778, of 99,43 persent van die leerders wat aansoek gedoen het vir graad een en agt in die 2024-skooljaar. Die res is in die proses om geplaas te word. Maynier sê laat aansoeke stroom steeds in, waarvan 176 in die afgelope drie weke ontvang is.