Dakar: Seth sê sy Suid-Afrikaanse Hilux is ‘n ‘beast’

Sondag se skof in die Dakar was geen grap nie met 654 kilometer wat afgelê moes word met ‘n 462-kilometer sneltrajek. Wiele2Wiele van Suid-Afrika het met Amerikaner Seth Quintero gepraat. Saam met sy Duitse navigator Dennis Zenz en in hulle Suid-Afrikaans vervaardigde GR Hilux Evo-bakkie, het hulle die derde vinnigste tyd opgestel.