Dakar: Giniel met 5 minute gestraf

Giniel de Villiers van Toyota is met vyf minute gestraf omdat hy nie stilgehou het by ‘n motorfietsryer wat hy tydens Sondag se eerste skof van die Dakar-tydren gestamp het nie. Dit sal waarskynlik tot gevolg hê dat die Suid-Afrikaner van die vierde na die sesde plek afskuif op die algehele punteleer. De Villiers het die onbekende motorfietsryer raakgery terwyl hulle op ‘n moeilike, rotsagtige deel van die Ha’il in Saoedi-Arabië gery het. Die motorfietsryer is nie beseer nie.