Dagga ter waarde van R500 000 op langafstand bus in Paarl gevind

‘n Vier-en-twintigjarige man is in Kaapstad hegtenis geneem vir die besit van saamgeperste dagga met ‘n geraamde straatwaarde van sowat 500 000 Suid-Afrikaanse rand. Die polisie se woordvoerder, Malcolm Pojie,  sê lede van die provinsiale blitspatrollie het inligting opgevolg oor dagga op ‘n langafstandbus op pad na Kaapstad. Hy sê die oplettende beamptes het die passasiersbus op die N1-snelweg in die Paarl afgetrek en dit deursoek: