Uganda loop deur as gevolg van sy LGBT-wetgewing

Menseregtegroepe het Ugandese parlementslede veroordeel wat ‘n wetsontwerp goedgekeur het wat dit onwettig maak om as lesbies, gay, biseksueel, transgender en queer te identifiseer. Oortreding van die wetsontwerp kan lei tot lewenslange tronkstraf of die doodstraf. Fox Odoi-Oywelowo van die regerende party wat teen die wetgewing gekant is, sê die wetsontwerp is gebrekkig, bevat voorwaardes wat ongrondwetlik is en keer die vordering om wat gemaak is in die stryd teen geslagsgeweld. Die wetgewing sal nou aan president Yoweri Museveni voorgelê word om dit as wet te onderteken.