Dagga-saak uitgestel, wag op hersiening van wetgewing

Die saak waarin die dagga-aktivis en president van die Ganja Users of Namibia-organisasie, Brian Jaftha, die aanklaer-generaal Martha Imalwa uitdaag, is tot middel Oktober uitgestel. Jaftha het die aanklaer-generaal, die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, die minister van justisie en die minister van gesondheid hof toe gesleep oor die verbod op die gebruik van dagga in die land. Hy wil hê dit moet ter syde gestel word omdat dit in sy mening ongrondwetlik is. Die partye het ooreengekom dat die saak uitgestel word, hangende die hersiening van die wetgewing deur die Regshervormingskommissie.