Dag Zero kon vermy gewees het – Helen Zille

Die DA se federale voorsitter, Helen Zille, sê Dag Zero kan Nelson Mandelabaai in die Oos-Kaap binne dae tref nadat die tweede van die metro se twee belangrikste opgaardamme feitlik opgedroog het. Sy het ‘n oorsigbesoek aan Gqeberha gebring om die munisipaliteit se gereedheid vir Dag Zero te bepaal. Zille sê hierdie dreigende humanitêre krisis kon vermy gewees het as dit nie vir die ANC-geleide koalisie se onbevoegdheid was om vir die ramp te beplan en die stad daardeur te lei nie: