Hoogdrama by Craft Bistro waar Nampol sambokke swaai

Drama het vandag in die middestad ontvou toe NEFF-aktivis Michael Amushelelo by Craft Bistro in hegtenis geneem is terwyl Namibiese polisiebeamptes die stakende, geskorste restaurantwerkers met sambokke bygedam het. Amushelelo het intussen mediese behandel ontvang nadat sy arm beseer is. Die Switserse burger en mede-eienaar van Craft Bistro in Windhoek, Petra Illing, is daarna deur immigrasiebeamptes kom haal. Illing werk glo met ‘n visum wat al drie jaar gelede verval het en ‘n ongeregistreerde restaurant bestuur. Drie werkers van Craft Bistro het klagte teen Nampol aanhangig gemaak omdat hulle met sambokke geslaan is. Die kwessie van polisie-brutaliteit is wyd op sosiale media bespreek.