Daar’s werk, baie werk, maar vir mense met vaardighede

Daar is goeie nuus vir indiensneming. Volgens die 60ste jaarlikse uitgawe van die ManpowerGroup Employment Outlook Survey, beplan Suid-Afrikaanse organisasies om meer personeel in die komende kwartaal van April tot Julie aan te stel. Die sektor wat na verwagting die hoogste indiensneminggroei sal sien, is primêre produksie, wat landbou, bosbou en visvang insluit. Dit word gevolg deur bankwese, finansies, versekering en vaste eiendom. ‘n Namibiese ekonoom, Gabriel Erastus, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat maatskappye wel mense aanstel, maar met spesifieke vaardighede en dat vaardighede en opleiding al hoe meer belangrik raak.