Brent val rond, weer opwaarts

Na Brent ru-olie vroeg vanoggend rondom 115 Amerikaanse dollar ‘n vat verhandel het, het die prys weer begin styg gestyg namate ‘n gerapporteerde daling in Amerikaanse ru-olievooraad. Daar is reeds kommer oor tekorte aan ru-olievoorade wêreldwyd. Brent het tot net bo 117 dollar ‘n vat gestyg, of te wel, met 1,53 persent. Die mark is steeds senuagtig oor verdere sanksies teen Rusland, die wêreld se tweede grootste ru-uitvoerder, ná sy inval in die Oekraïne, optrede wat Moskou ‘n spesiale operasie noem. Pryse het Dinsdag gedaal omdat dit onwaarskynlik is dat die Europese Unie sal instem tot ‘n verbod op Russiese olie. Die Amerikaanse President Joe Biden gaan egter meer sanksies teen Rusland aankondig wanneer hy môre in Brussel met Europese leiers vergader, insluitend ‘n noodvergadering van NAVO. Die mark verwag voortgesette wisselvalligheid het kenners gesê.