Daar’s twee kandidate vir Ndeitunga se pos

Daar is glo twee voorlopers in die pylvak as kandidate om die huidige Namibiese polisiehoof inspekteur-generaal Sebastian Ndeitunga op te volg. Hulle is Anne-Marie Nainda, adjunk-inspekteur-generaal van die polisie vir administrasie, en die adjunk-inspekteur-generaal verantwoordelik vir operasies, generaal-majoor Joseph Shikongo. As Nainda daarin slaag om in dié top-pos aangestel te word, sal sy geskiedenis maak as die eerste vrou wat die Namibiese polisie bestuur. Die finale besluit lê egter by President Hage Geingob, wat die mag het om ‘n individu buite die huidige polisiehoof aan te stel.