Daar’s swem die naweek met Le Clos en Sates

Die Suid-Afrikaanse Olimpiese swemmers Chad le Clos en Matthew Sates lei Suid-Afrika se aanslag op die naweek se eerste gala van die kortbad-Wêreldbekerreeks wat in die Duitse hoofstad, Berlyn, plaasvind. Die 19-jarige Sates is die verdedigende mans-kampioen in die reeks, terwyl die 30-jarige Le Clos die titel al vier keer gewen het. Hulle sal slegs in die 200-meter-vryslag met mekaar meeding. Altesaam 16 Suid-Afrikaners neem aan die geleentheid deel.