Daar’s nog baie werk om te doen – Katjavivi oor aftrede 

Die speaker van die Nasionale Vergadering professor Peter Katjavivi sê hy het wel aangedui dat hy nie homself as verkiesbaar stel aan die einde van die jaar nie, maar, dat hy in sy pos, wat hy sedert 2015 beklee, sal aanbly tot na die 2024 verkiesings. Hy sê daar is baie werk om te doen.  

Katjavivi is 81 jaar oud en het onlangs sy 70-jarige vrou Jane aan die dood afgestaan. Die twee was meer as 40 jaar getroud.