Daar’s net een rigting vir Engelse rugby en dis boontoe

Engeland se heelagter, Freddie Steward, glo die enigste manier is boontoe, na verlede naweek se vernederende nederlaag teen Frankryk in die Sesnasiesreeks. Die verdedigende kampioen het 53-10 geseëvier  op die tuiste van Engelse rugby, Twickenham in Londen, en Steward het sy land se enigste drie gedruk. Engeland speel Saterdag teen die voorloper op die punteleer, Ierland, en hoop om hulle van ʼn Grand Slam te weerhou. Volgens Steward is dit nooit lekker om te verloor nie, maar so ‘n loesing maak seer. Hy erken egter dis hulle eie skuld.