Daar’s genoeg brandstof in SA, al het laaste raffinadery gesluit

Terwyl plaaslike vulstasie-eienaars sê hulle is keelvol vir die regering en die lae heffings, sê die olie- en brandstofmaatskappy, Sasol, Suid-Afrika het genoeg petrol en diesel, selfs noudat die land se laaste raffinadery nie in bedryf is nie. Sasol het Natref in Sasolburg in die Vrystaat gesluit, weens vertragings met die lewering van ruolie-vragte by die Durbanse hawe. Sasol sê in ‘n verklaring die land voer nou 80 persent van sy brandstof in. Die maatskappy soek na nuwe oliebronne en verwag Natref sal teen die einde van die maand op volsterkte bedryf word nadat dit opgeknap is teen ‘n bedrag van 45 miljard Suid-Afrikaanse rand.