Daar’s dalk olie in Damara-vougordel: ReconAfrica

ReconAfrica het aangekondig dat sommige kom-modelleringswerk deur sy tegniese span wys dat sommige dele van die Damara-vougordel in sentraal-noord Namibië meer olie kan hou as wat voorheen verwag is. Die maatskappy is besig om ‘n putblok gereed te kry vir boorwerk wat in die laat eerste kwartaal van 2024 in elke fokus-kom sal begin. Dit behels ‘n olie-geteikende put in die Kavango-kom in noordoos Namibië en ‘n gas-gefokusde put in die Damara-vougordel. Die maatskappy het ook begin om eksplorasie- en produksie-kenners te werf van Anadarko Petroleum om sy span te versterk.