Daar’s 2,5m miere per mens op aarde

Die wêreld se menslike bevolking sal na verwagting in die komende maande 8 miljard oorskry maar, in vergelyking met miere, is dit maar ‘n middelmatige mylpaal. Navorsers het tot dusver die mees deeglike beoordeling van die wêreldbevolking van miere gemaak en die geraamde totaal is ‘n verbysterende 20 kwadrilljoen van hulle, of ongeveer 2,5 miljoen vir elke mens. Die besige en sosiale insekte floreer sedert die tyd van die dinosourusse, met die oudste bekende fossiel wat sowat 100 miljoen jaar terugdateer na die Krytydperk. Miere is ook baie belangrik vir voedingstofsiklusse, ontbindingsprosesse, plantsaadverspreiding en die versteuring van grond. Daar is meer as 12 000 bekende spesies wat inheems is aan byna die hele aarde behalwe Antarktika, Groenland, Ysland en sommige eilandlande. Miere se biomassa is hoër was as dié van wilde soogdiere en voëls saam, en beslaan 20 persent van die totale menslike biomassa.