Daar was 245 kriminele sake daagliks in ‘n jaar gemaak

Die Namibiese minister van veiligheid en sekuriteit dr. Albert Kawana, sê daar is in die 2021-2022 finansiële jaar 89 530 kriminele sake gerapporteer waarin 38 167 verdagtes gearresteer is. Dit verteenwoordig 245 sake daagliks, regoor die land. Gedurende die jaar is 112 434 sake afgehandel, wat sake insluit wat van die vorige jaar oorgedra is. Volgens hom verteenwoordig dit 44 persent van alle sake wat afgehandel is. Die teiken was 50 persent. Dwelms van 41 miljoen Namibiese dollar is gekonfiskeer gedurende die jaar. Daar was ook 770 verdagtes in hegtenis geneem vir wildlewe misdaad met 108 olifanttande, 117 ietermagô’s en 59 renoster horing waarop beslag gelê is. Daar is ook 42 onwettige wapens in die verband gevind.