Daar sal min direkte werksgeleenthede in olie-sektor wees

Terwyl daar groot opgewondenheid is vir die werksgeleenthede in die land se ontluikende olie-industrie, moet daar nie te veel verwagting geskep word nie. Volgens Carlo McLeod, die adjunkdirekteur van nakoming en ekonomie in die ministerie van myne en energie sal daar nie veel geleenthede vir Namibiërs wees om direk in die industrie te werk nie – as gevolg van vaardighede wat nodig is – maar, hy voeg by daar sal talle geleenthede wees in die sekondêre of stroom-af sektore. McLeod het by die tweede dag van die Olie- en Gaskonferensie in die hoofstad gepraat.