Daar is steeds ‘n toename in die aantal Covid-19-gevalle in die land

Die Namibiese ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat daar 1 649 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig is.Windhoek as brandpunt van die pandemie het 785 gevalle,Swakopmund 190, Oshakati 163,Luderitz 71 en Rehoboth 68. Die res is landwyd versprei. Daar is op die oomblik 11 646 aktiewe gevalle,58 970 het reeds herstel uit ‘n kumulatiewe totaal van 71 761.Die sterfgevalle staan op die oomblik op 1 134.