Daar is nog nie digitale inentingsertifikate beskikbaar nie

Die gesondheidsministerie het enige verwarring opgeklaar oor die Trusted Travel System. Media het berig dat die stelsel reeds geïmplementeer is maar, niks het verander nie, dit sal steeds twee weke neem voor digitale inentingsertifikate uitgereik kan word. Walters Kamaya, woordvoerder van die ministerie, verduidelik.