‘Daar is ‘n probleem by plaaslike owerhede’
Nuus dat Tsumeb ‘n werkende ooreenkoms met die Padfonds-administrasie onderteken het vir die opknapping van sy paaie lok reaksie uit. Dit is nie die verantwoordelikheid van die administrasie of die Paaie-owerheid om dorpe se strate in stand te hou nie. Hulle mandaat is nasionale roetes en die onvermoë van plaaslike owerhede om die werk te doen en te betaal, plaas verdere druk om die owerhede wat reeds sukkel met voldoende befondsing vir nasionale paaie. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Marius Kudumo, ‘n kenner van korporatiewe bestuur, gepraat. Hy sê daar is ‘n reuse probleem by plaaslike owerhede.
Plaaslike owerhede is die rang van die regering wat die naaste aan die bevolking is en dit is daar waar dienste ontbreek.