Daar is entrepreneurskap, dis die wetsraamwerk wat ontbreek

Die finansminister, Ipumbu Shiimi, het onlangs by die Namibië Ontwikkelingsbank se Good Business Awards in Windhoek gesê die land het geen kultuur van entrepreneurskap nie en dat meeste jongmense eerder vir die regering of groot maatskappye wil werk. Kosmos 94.1 Nuus het by die direkteur van SMEs Compete, Danny Meyer, gaan uitvind hoekom dit so is. Meyer stem nie met Shiimi saam nie en sê entrepreneurskap is uiters lewendig, maar die besigheidsklimaat moet vriendelik wees sodat klein besighede kan groei.