Daar is druk op die voorraad Covid-19 enstowwe in die land

Die Namibiese gesondheidsministerie het bekendgemaak dat daar druk op die beskikbare voorraad van AstraZeneca en Sinopharm entsof in die land ervaar word asgevolg van ‘n vertraging met die aflewering van nuwe voorraad.Inentings sal steeds volgens die ministerie voortgaan.