Uitspraak van Ace Magashule-saak voorbebou

Die Suid-Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg het uitspraak voorbehou in die aansoek wat die beleërde sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, teen die party oor sy skorsing ingedien het. Regter Jody Kollapen het onderneem om die uitspraak so gou moontlik te lewer, want die aansoek is as ‘n saak van dringendheid ingedien. Magashule wil sy skorsing as onwettig, ongeldig en ongrondwetlik laat verklaar. Hy het die hof ook versoek om die skorsingsbrief wat hy aan die president van die ANC, Cyril Ramaphosa uitgereik het, as geldig te verklaar.