Daar is Donderdag weer skietwerk op Swakopmund

Die Swakopmund-munisipaliteit sê skietwerk by die Namibia Construction-steengroef sal weer die week Donderdag, 19 Januarie, plaasvind. Die skietwerk is ongeveer 7 kilometer buite Swakopmund en sal tussen tien-uur en 11-uur en weer twee-uur en drie-uur plaasvind met meer as een ontploffing was sal voorkom. Inwoners word daaraan herinner dat daar skuddings sal wees. Troeteldiere moet ook versorg word.