Daar is 1007 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig

Daar is 1007 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig. 103 Is leerder s,16 onderwysers, 23 studente en 36 gesondheidswerkers. Daar was die afgelope 24 uur, 55 nuwe sterftes wat die sterftesyfer nou op 1 400 te staan bring. Windhoek het weer die meeste nuwe gevalle met 477, Gobabis 96, Oshakati 69, Luderitz 68, Walvisbaai 46 en Swakopmund 38. Die res kom landwyd voor. 117 632 Mense het reeds die entstof gekry. Die herstelkoers staan tans op 75%.